Die skool is geleë in 'n omgewingsvriendelike landelike omgewing op die plaas Sanddrift, in die Brits omgewing.
Ons skool bied leerders die geleentheid om te groei in 'n klein klas verband met baie persoonlike aandag.
Al die kinders word betrek by alle aktiwiteite aangebied wat elke kind die geleentheid bied om alle sport en kulturele velde te verken en te ontwikkel.
Die skool is ouers is baie nou betrokke by alle fasette van die skool aktiwiteite.
Die individuele aandag wat kinders is klassies van 10 - 20 leerders ontvang lewer fantastiese resultate!
Ons leerders presteer akademies, kultureel & op die sport veld en staan glad nie terug vir groter skole se leerders nie!
Die voerarea van die skool sluit die volgende gebiede in: Altanta, Assen, Vaalkop, Twee Riviere, Beestekraal, Roodekopjes, Sanddrift, Kameeldrift, Pansdrif, Klipkop & Veekraal.
Dit word baie warm in die somer & hier kry leerders nog die geleentheid om kaalvoet skool toe te gaan.
VISIE
Ons visie is om:
Leerders op 'n gebalanseerde en verantwoordelik
manier te stimuleer tot hulle volle potensiaal.
MISIE
Ons misie is om:
Sonder dwang of diskriminasie, in samewerking met die ouergemeenskap
die skool te ontwikkel en effektief te bestuur, 'n harmonieuse en stimulerende
opvoedkundige omgewing te skep ter ondersteuning van, kwaliteit akademiese,
sport en kulturele onderrig.
WAARDES
Ons streef die volgende waardes na:
Christelike lewensbeskouing
Afrikaans moedertaal onderrig
Openheid en samewerking
Verantwoordelike bestuur
Leergretigheid
SKOOL BELEID:
Die skoolbeleid is 'n dokument wat norme, reels en standaarde voorskryf ten einde die skool op 'n deursigtige, regverdige en effektiewe manier te bestuur.
Die volgende beleidsaspekte word onder meer daarin vervat: Organisasie, Administrasie, Dissipline, Leierskap, Veiligheid, Toelating, Taal, Skooldrag, Finansies, Vergoeding, Bemarking, Meriete, Sport, Terreindiens, Kultuur, Fondsinsameling, Borge, Busvervoer en Kleuterklas.
Die dokument is beskikbaar vir insae by die skool Kantoor.